Terug van Casablanca
Wel ek is terug van my vinnige reis na Marokko. Die hoof doel was om ‘n besigheids afspraak by te woon.
Hier weg om nege in die oggend en daar aangekom middernag. Tussen tyd was daar twee vlugte drie trein reise en ‘n paar taxis. Laastens was daar ook ons drywer aan daai kant - wat blykbaar glo dat enige kant van ‘n kar is die korrekte kant om verby te steek.
Nagmerrie - en toe vinnige afspraak en toe die hele spul oor die volgende dag.
Die nadeel van sgn Europese binnelands vlugte. Ek kon vinniger aan die anderkant van die Aarde gewees het.
Nou ja die kos was ten minste lekker.
You must be logged in to post a comment.

Leave a Reply