Veels geluk liewe maatjie.
Omdat jy verjaar.
Ja, veertig. Nou die tyd vir ‘n middeljarige krisis.
So in my introspeksie het ek ‘n lysie gemaak.
1. Aande in ‘n kroeg
2. Motorfiets
3. Jeugdige blondine.
Lysie verder besigtig.
1. Kroeg maak my moeg en Katja en ek was laas nag uit en more gaan ons na ‘n rock gig - so skraap.
2. Het alreeds motorfiets en ry die goed vir meer as twintig jaar - nie eintlik rebelieus nie. Skraap.
3. Jeugdige blondine - Wel my vrou se sy sal dit definitief nie toelaat nie. Skraap en verwyder bewyse dat ek ooit selfs daar oor gedink het.
Lyk my ek sal maar grasieus oud word.
Vannaand sal ek in my sluimer stoel oor ‘n bedeesde glas whisky maar weereens introspektief wees.
You must be logged in to post a comment.

Leave a Reply